Boodskap vir Vandag

Search

Die magte om ons

Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is (Markus 1:12-13).

Dit is nie toevallig dat waar ons nou in ons herinnering die lydenstyd van Jesus binnegaan, ons teks vir die week (Mark 1:9-15) oor Jesus se versoeking in die woestyn handel nie.

Die verhaal wys hoe die aanvegtings in Jesus se lewe, en daarmee saam sy swaarkry en lyding, vroeg reeds begin het. Sy versoeking deur die Satan (Mark 1:12-13) is as ‘t ware die eerste salvo’s van ‘n geveg of stryd wat later by die kruis finaal besleg sou word.

Markus se kort vertelling van dié versoeking – dit is amper net ‘n verwysing daarna – bevat egter ‘n aantal ryk perspektiewe.

Een daarvan is dat ons lewe daagliks deur allerlei magte omring word, goed én sleg, heilsaam én boos. Weliswaar het hulle vandag ander name as in Jesus se tyd, maar hulle is dáár. Party kan ons lewe verryk en goed maak. Maar daar is ander wat méér boos en duiwels is en ons lewe kan vernietig – ons kan lei om keuses te maak wat rampspoedig is, vir onsself en vir ander.

Paulus waarsku tereg dat ons stryd nie noodwendig teen vlees en bloed (met ander woorde ménse) is nie, maar teen die bose magte in die wêreld en die lug (Efes 6:12) – dit is daardie magte, drifte, gewoontes, ideologieë en invloede wat mense verslaaf en dikwels tot dwaasheid, ja, selfs tot waansin en sinlose geweld kan dryf.

Laat ons in die komende week ‘n bietjie hierna kyk.

O Here, bewaar ons vandag opnuut van die bose. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed