Boodskap vir Vandag

Search

Die pad van liefde

“Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers  van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen” (Matteus 25:40).

Daar is min mense wat die belang en waarde van liefde so skerp aangevoel en met soveel oorgawe en geesdrif uitgeleef het as die bekende moeder Teresa.

In een van haar talle uitsprake beklemtoon sy nie net die helende krag van liefde nie, maar ook die diep en onvervangbare behoefte daaraan aan liefde vandag by soveel mense bestaan.

Sy stel dit só: “We can cure physical diseases with medicine, but the only cure for loneliness, despair and hopelessness is love. There are many in the world who are dying for a piece of bread, but there are many more dying for a little love.”

Self het sy nooit gehuiwer om hierdie behoefte aan ʼn bietjie liefde te vervul nie, selfs al het dit beteken sy moes die armstes van die armes en die vuilstes van vuiles omarm, koester en versorg. Want, só het sy geglo, daardeur het sy Christus se eie liggaam aangeraak en versorg.

En vir haar was dit altyd ʼn voorreg en ʼn eer.

Maar dit is waarop die pad van liefde ʼn mens kan neem. Dit moet ons as gelowiges altyd weet.

O Here, leer ons vandag weer u pad van liefde. Ons weet nog so min daarvan. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.