Boodskap vir Vandag

Search

Die paradokse van skoonheid

Jy is so mooi, so bekoorlik, liefste, met soveel wat geniet kan word (Spreuke 7:6).

Jou prag het jou hooghartig laat word … (Esegiël 28:17).

Min mense sal my glo as ek sê dat ek kort gelede langs die huidige Mejuffrou Wêreld sit en eet het.

My pad kruis nie dikwels met sulke gevierdes nie, maar dié slag was dit wel so.

Die kelnerin wat ons na ons plek in ‘n ietwat private hoekie van die restaurant geneem het, kon nie ophou glimlag nie. “Mejuffrou Wêreld eet vanaand hier by ons – nét hier, hier lángs julle!”, het sy dit opgewonde uitgeblaker.

En dit wás toe so. Ons het nie lank gesit nie voordat die skone dame met haar gevolg opgedaag het nie. Trots soos ons is, wou ons natuurlik nie wys dat ons weet of kyk nie. Maar natuurlik het ons af en toe geloer. Net om seker te maak dat sy wel so mooi is soos wat die mense en koerante sê.

En dit was waar! Soos my seun dit gestel het: “Ja, sy lyk tog skattig.”

Die aand het my weer laat nadink oor die paradokse van skoonheid. Oor watter gawe skoonheid is. Hoe dit mense kan aantrek. En hoe so ‘n gawe gebruik kan word om ander mense ook mooi en goed te laat voel. Bloot deur net jou bekoorlike self bý hulle te wees.

Maar só maklik is dit natuurlik nie. Want skoonheid wat gedurig aandag trek en aangeprys word, kan mense ook bederf, hooghartig maak en belangriker laat voel as wat hulle is – asof die hele wêreld hulle bewonder.

Boonop kan skoonheid jou ook isoleer en eensaam maak.

Ek kon haar nie hierna uitvra nie, maar ek is seker: Mej Wêreld wéét dit!

Here, dankie vir die gawe van skoonheid. Help hulle wat hierdie gawe ontvang het om dit aan ander diensbaar te maak. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed