Boodskap vir Vandag

Search

Die plek van ons roeping

Hulle het in Kapernaum gekom (Markus 1:21).

Markus 1:21-28 – ons teksgedeelte vir die week – begin met ’n skynbaar onbeduidende uitspraak.

Dit is dat Jesus saam met sy dissipels in Kapernaum aangekom het.

Wie die Evangelies goed lees, sal egter gou agterkom dat Kapernaum ‘n uiters belangrike plek in Jesus se lewe was. Volgens oorlewering was Kapernaum Jesus se stad. Hier het Hy sy eerste dissipels geroep, sy openbare bediening begin en dikwels aan die huis van Petrus vertoef.

In ‘n sin was dit die plek van sy roeping.

En Kapernaum het Jesus nodig gehad. Geleë aan die see van Galilea, was Kapernaum destyds ‘n groot, besige en ryk stad. Maar dit was ook een wat gely het aan die oppervlakkigheid en morele verval wat dikwels gepaard gaan met materiële welvaart en voorspoed. In Jesaja se woorde was Kapernaum, spreekwoordelik gesien, ‘n gebied van groot donkerte en blindheid (Jesaja 8:23-9:1).

En dáár het Jesus nou nuwe lig, hoop en bevryding gebring.

Dié gedeelte herinner ons tereg daaraan dat die plek waar ons woon en werk, belangriker nog, waar ons geroep is om te leef, om ons gawes aan te wend en te dien, nie onbelangrik is nie.

Soos Jesus, is ons geroep om ‘n lig te wees vir hulle wat in donkerte verkeer. Daaraan moet ons óók dink wanneer ons ons woon- en werkplek uitsoek.

Here, wys ons vandag weer die plek waar ons U moet dien. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed