Boodskap vir Vandag

Search

Die soeke na nuwe taal

Deur die regte woorde te gebruik, kan ‘n mens sy honger stil, kan hy genoeg kry om te eet deur wat hy sê (Spreuke 18:20).

Onlangs het ek die voorreg gehad om die digteres Antjie Krog te hoor praat oor haar nuutste bundel “Mede-wete.”

Die bundel, so hoor ek haar sê, is onder andere ‘n poging om vars taal en metafore te vind om daardie oerband wat ons as mense met alles en almal het, te herwin en te beskryf.

Tans het dié band verlore geraak. Sodat in baie kringe, so voer sy aan, woorde soos liefde, medemenslikheid, versoening en vergifnis hulle betekenis en impak verloor het.

Krog raak ‘n probleem aan, noem dit ook ‘n uitdaging, waarmee gelowiges vandag óók spook. Dit is om nuwe inhoud aan oorbekende en deels verslete begrippe te gee. Sodat wanneer mense dit hoor, dit hulle sal ontroer en hulle met nuwe gloed en energie sal wil gaan leef.

Ons teks vir die week is die bekende goue reël wat ook in meeste ander godsdienste geld, naamlik dat ons God bo alles en ons naaste soos onsself sal liefhê.

Goed so, maar wat beteken dit in ons konteks vandag?

Here, gee ons vandag weer woorde wat lewe kan verkwik en hoopvol maak. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed