Boodskap vir Vandag

Search

Die sonde van diskriminasie

My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie (Jakobus 2:1).

‘n Kwaal of sonde wat die mensdom oor eeu reeds pla en waarvan ons skynbaar moeilik ontslae raak, is die kwaal van onregverdige diskriminasie.

Dit is dat jy mense op hulle uiterlike beoordeel, volgens hulle voorkoms, status, ras, kleur of stand. En dan op grond dáárvan sommige doelbewus uitsluit, ignoreer en selfs minag.

Terwyl jy ander mense – gewoonlik van jou eie soort of groep – skaamteloos voortrek, ophemel en bevoordeel.

Volgens die brief van Jakobus lê hierdie kwaal van onregverdige diskriminasie aan die wortel van al die naywer, twis en verdeeldheid wat so dikwels tussen mense ontstaan.

Die ergste – en daaroor handel Jakobus 2:1-17, ons teks vir die week– is dat hierdie kwaal oor die eeue heen ook die lewe van die Christelike gemeente binnegedring en beduiwel het. Trouens, tot vandag toe nog is daar mense wat om dié rede nie in die kerk van Christus tuis voel nie.

Dit mag tog nie! Want behalwe dat gelowiges ‘n God aanbid wat mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie (Efes 6:9; Kol 3:25; 1 Petrus 1:17), bly die kerk geroep om in dié opsig ‘n andersoortige gemeenskap te wees (Kol 3:9-17).

Een waarin mense mekaar in liefde sal aanvaar en waar almal – ryk en arm, lelik en mooi, klein en groot, swart of wit – volkome tuis en vry sal voel.

Ons bid vandag vir almal wat ly onder onregverdige diskriminasie. Here, bewaar ons wat voorgee dat ons U ken, van hierdie aaklige sonde. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed