Boodskap vir Vandag

Search

Die stilte help ons luister

En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!” (1 Samuel 3:10).

Stilte is belangrik, solank dit nie leeg is nie, dit wil sê, aangegryp of misbruik word as ‘n verskoning vir luiheid en ledigheid nie.

Nee, die eintlike waarde van stilte is daarin geleë dat dit ons help om te luister, om ons sintuie, ons oë, maar veral ons ore, te laat opskerp vir alles in en rondom ons.

Op dié manier raak ons méér teenwoordig by alles. Begin ons leef met ‘n verhoogde vorm van bewussyn, ‘n verskerpte sensitiwiteit vir die lewe in al sy kleurryke fasette en nuanses.

Belangriker nog: Stilte help ons om beter en dieper na die stem van God te luister, God se stem wat op baie maniere na ons toe kom: deur die fluisteringe van ons omgewing en die natuur, die optrede van ander, ons eie gewaarwordings, gevoelens en drome ‑ en waarskynlik die belangrikste, ons gewete.

Wie daarin slaag om in stilte goed te luister, se lewe kry ‘n vreemde soort rustigheid, ‘n verskansdheid wat opvallend en voelbaar is.

Dit is dié soort rustigheid wat die beroemde filosoof, Hans-Georg Gadamer, oor sy ewe beroemde tydgenoot, Gerhard von Rad, laat sê het: “There was a silence in him that came out of a deep listening.”

O Here, leer ons vandag weer deur u Gees hoe om in die stilte te luister, hoe om só u eie stem beter te hoor. O Here, hoe verlang ons daarna om U beter te ken. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed