Boodskap vir Vandag

Search

Die taak van ons geslag

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


“Want wat baat dit ʼn mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly?” (Matteus 16:26, 1933-vertaling).

Om versigtig te wees met wat in ons hart omgaan, kan – buiten die uitnodiging om aan die stem of versugting van ons siel gehoor te gee – ook ʼn tweede ding beteken.

Dit is om ons binneste te beskerm teen of te bewaar van enige onnodige en ongesonde negatiwiteit, kwaad en bekommernis. Soos Jesus self geïmpliseer het: om sorg te dra dat ons siel, te midde van allerlei versoekings en aanslae, behoue en gesond bly.

In 1944, toe Duitsland gebrand en die volk se gees deur Hitler se aanslag verwar, vervlak en afgetakel is, het die teoloog Dietrich Bonhoeffer aangrypende woorde hieroor geskryf. Sy woorde sluit aan by Spreuke 4:23 en spel die taak vir sy geslag van destyds uit. Dit sê ook wat ons vandag te doen staan. Luister net:

“It will be the task of our generation, not to ‘seek great things’, but to save and preserve our souls out of the chaos, and to realise that it is the only thing we can carry as a ‘prize’ from the burning house. ‘Keep you heart with all vigilance; for from it flows the the spring of life’ (Prov 4:23).”

In ʼn tyd waarin mense weens ʼn blinde en angstige sug na groter welvaart en finansiële sekuriteit aan hulle eie siel skade kan ly, dit selfs kan verloor, is dit ʼn baie belangrike boodskap.

Here, hoe maklik kan ons in ʼn tyd soos hierdie ons siel verloor, ons lewe inruil vir goedkoop en nuttelose wins. Vergewe en help ons! Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed