Boodskap vir Vandag

Search

Die taal van vryheid

Julle moet die Vader met blydskap dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig … Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes (Kolossense 1:12-14).

In die vorige meditasie het ons gesien hoe Paulus die Christene in Kolosse wou wegkeer van ‘n allegaartjie-geloof en hulle aandag opnuut aan Christus Jesus as die ware middelpunt van die geloof wou bind.

Wat onmiddellik die vraag oproep: “So wat maak hierdie Christusfiguur so uniek dat ek my lewe op Hom moet bou? En wat het Paulus daartoe gebring om ‘n hele brief aan Hom af te staan?”

Want van die begin tot die einde van sy brief is dit die Naam waarom alles draai.

Waarskynlik lê die betekenis van die Christusfiguur en sy werk in net een woord, te wete: vryheid! Want wie Christus as Heer leer ken het, so hoor ons Paulus getuig, word verlos, word vry – vry van angs, bekommernis, onnodige skuldgevoelens, sonde en van die waan dat jy jouself kan red, of selfs finale sin aan jou lewe kan gee.

Hoewel Paulus nie direk die woord vryheid hier gebruik nie, is vryheid duidelik die ervaring wat sy brief motiveer. Wat hom vrymoedig laat opstaan vir Christus, vrylik laat praat oor sy werk, vrolik en dankbaar laat juig oor sy Naam.

Wie hierdie vryheid ken, hoef nie langer te argumenteer of oordadig te teoretiseer oor die Christusfiguur nie. Hulle kan God alleen dank en prys vir Christus se dade.

Net soos Paulus in die Kolossensebrief.

Here, leer ons vandag weer die unieke vryheid wat daar in die navolging van Christus Jesus opgesluit is. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed