Boodskap vir Vandag

Search

Die teenoorgestelde van liefde

Toe ek my die eerste keer voor die hof moes verdedig, het niemand my bygestaan nie; almal het my in die steek gelaat (2 Timoteus 4:16).

Streng gesproke behoort dit nie té moeilik te wees om Jesus se gebod dat ons ons naaste sal liefhê soos onsself, uit te leef nie.

Ons moet onsself eenvoudig probeer indink in dit waarvan onsself hou — dié dinge wat ons gelukkig sal maak, wat ons as mens waardig en goed sal laat voel.

En dit dan ook met vreugde en oorgawe aan ander gun én bewys.

Maar so eenvoudig werk dit skynbaar nie! Want mense is geneig om selfbehep te word. Om in ongesonde patrone van selfliefde vas te val. Om só op te gaan in hulle eiebelange en behoeftes, dat hulle blind en onverskillig raak teenoor ander.

En dan amper ongeërg aan die behoeftes en nood van ander begin verbyleef. Of hulle naastes, soos Paulus ervaar het, eenvoudig te vergeet en in die steek te laat (2 Tim 4:16).

Tereg het iemand dit uitgewys: Dat die teenoorgestelde van liefde nie noodwendig haat is nie, maar hierdie blinde en selfbehepte onverskilligheid.

Mag die Here selfs ons vandag daarvan bewaar.

O Here, bewaar ons vandag van daardie onverskilligheid waardeur ons ons harte vir ander toesluit. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.