Boodskap vir Vandag

Search

Die veiligheidsnet van die liefde

Soos die Vader my liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly (Johannes 15:9).

In haar boek Secondhand time vertel die Russiese skrywer Svetlana Alexievich – wat in 2015 die Nobelprys gewen het – ʼn buitengewone verhaal.

Dit gaan oor die liefdesverhouding tussen ʼn begaafde musikus, Olga Karimova, en ʼn oudgevangene, Gleb, wat 14 jaar in ʼn strafkamp in Siberië aangehou is.

Op die vraag hoe hy die straflampe oorleef het en, meer nog, hoe hulle verhouding dit kon deurstaan, was Gleb se antwoord:

“My ouers het my van kleins af met liefde omring. Mettertyd het ek geleer: Ons word gedra, indien nie gered nie, deur die hoeveelheid liefde wat ons ontvang. Dit is ons veiligheidsnet. Ja, net die liefde kan ons red. Liefde is die vitamine waarsonder ons nie kan leef nie.”

Gleb se antwoord is ʼn belangrike herinnering, veral vir ons wat in Christus glo. Want sien, in sekere sin was Jesus se hele bediening ʼn onophoudelike poging om die veiligheidsnet van God se liefde onder ons in te skuif. Om ons elke dag met die vitamine van sy liefde te voed.

Sodat ons, net soos Olga en Gleb, kan weet ons lewe is vir tyd en ewigheid in Hom geborge, indien nie onaantasbaar nie.

Hieraan moet jy vashou, al gebeur wat ook al!

O Here, wat ʼn troos om te weet U is met u groot liefde onder ons om ons te vang en te beskerm wanneer ons wankel of val. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed