Boodskap vir Vandag

Search

Die verborge goud van Denemarke

Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na (Psalm 34:15).

Aan die begin van Augustus het ek die voorreg gehad om saam met vyftien ander Suid-Afrikaners ʼn pelgrimstog in Denemarke te onderneem.

Hoewel klein, is Denemarke in vele opsigte ʼn unieke samelewing.

Behalwe dat hierdie Skandinawiese land tegnologies en ekonomies hoogs ontwikkeld en welvarend is, staan dit ook bekend as die land met die minste misdaad ter wêreld. Vir albei dié kenmerke is daar ʼn bepaalde rede: sosiale vertroue.

Sosiale vertroue, só skryf die Deen Gert Svendsen, is die grondstof, die verborge goud, wat hulle ekonomie bly stimuleer en die meerderheid Dene gelukkig hou. In Svendsen se woorde:

“The Dane’s trust is a unique resource for businesses and citizens. Danish businesses are known for their ability to cooperate without comprehensive and expensive formal contracts. They often reach oral agreements and thereby reap the additional bonus of avoiding misunderstandings, because of oral and trustful communication.”

As daar een iets is wat ons as kerk en gelowiges in Suid-Afrika aan ʼn volgende geslag verskuldig is, is dit hierdie verborge goud van Denemarke. Dit is om die boustene te lê vir ’n samelewing waarin sosiale vertroue, dit wil sê, vertroue teenoor ander en veral teenoor ons publieke instellings, sal floreer.

Is dit nie ook die geheim van die vrede waarna ons almal so smag nie?

Here, gee ons vandag meer vertroue in U en in mekaar. Sodat die vrede van die stad sal floreer. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed