Boodskap vir Vandag

Search

Die volheid van die tyd

My kinders, ek verkeer van voor af weer in geboortepyne oor julle totdat Christus in julle gestalte kry (Galasiërs 4:19).

Die ou kerklike liturgie vir die bediening van die nagmaal bevat hierdie woorde: “In die volheid van die tyd het U u Seun, Jesus Christus, na die wêreld toe gestuur om ons sonde te kom dra, om alle dinge met God te kom versoen, om die vrede te kom herstel deur sy bloed wat aan die kruis gevloei het.”

Drie woorde: volheid, versoen en vrede.

Dié woorde roep assosiasies op van goedheid, heelmaak, voorberei, herstel, balsem en hoop. Die volheid van ʼn swangerskap, die herstel van iets wat stukkend was, die diepgaande vergifnis en skoonmaak van God se balsem.

Die volheid word verbind met die woorde van Paulus in Galasiërs: “My kinders, ek ervaar weer geboortepyne oor julle totdat Christus in julle gestalte kry” (Gal 4:19). Volheid van tyd en die gestalte van Christus. Versoening en herstel. Op pad.

Daarom is die nagmaal nie net ʼn herinnering aan die kruis nie, maar ook aan die krip. Die krip was die volheid van die tyd en die weerspieëling van die volheid wat wag.

Volheid, versoening en vrede. Dankie daarvoor in ons lewe vol gebrokenheid, verskeurdheid en onmin. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.