Boodskap vir Vandag

Search

Die voorbeeld van Paulus

Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees (2 Korinthiërs 12:9).

Die meerderheid gelowiges waarvan die Bybel vertel, het geweet wat dit beteken om in hulle getuienis ‘n goeie balans tussen sekerheid en skroom, oormoed en nederigheid te handhaaf.

Die apostel Paulus is een van die meer pertinente voorbeelde hiervan.

Want hoor net met watter oormoedige sekerheid praat hy in Romeine 8 – en dit nogal in die aangesig van die dood! “Bring hulle maar, lyding of benoudheid, vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard – niks kan ons skei van God se liefde nie”, so hoor ons hom jubel (Rom 8:35-39).

Ook wanneer hy oor sy gesag as apostel van Christus praat, is daar weinig skroom en tree hy met groot vrymoedigheid op (2 Kor 3:12). Want hy wéét aan Wié hy behoort en wáártoe hy bestem is (1 Kor 4:1, 9:19vv, 2 Kor 4-6, 10).

Maar dit is juis Christus se gesag en werk in sy lewe wat hom ook nederig en afhanklik hou (1 Kor 2). Hy voel homself inderdaad tot alles in staat, maar dan nie deur eie krag nie, maar deur die krag van Christus waaruit hy daagliks moet leef (Fil 4:13) en wat sy beskutting is (2 Kor 12:9).

Spesifiek wanneer hy in die versoeking kom om te roem in sy eie sekerhede, krag, talente en suksesse, moet hy leer dat hy broser is as wat hy dikwels dink – dat sy lewe soos ‘n erdekruik is wat maklik kan breek (2 Kor 4:1-18). En dat daar nog dorings, ja, pyne, komplekse en hindernisse is wat hy nie oornag kan afskud nie. Trouens, hy moes leer en aanvaar dat dit ‘n belangrike deel van sy lewe kan wees (2 Kor 12:6-10).

Want so bly hy elke dag afhanklik van God se genade wat altyd genoeg is.

Paulus se lewe bly in dié opsig ‘n wonderlike voorbeeld en troos.

Here, dankie vir u krag wat in ons werk, u genade wat ons deurlopend dra en beskut. Help ons om nooit hieraan te twyfel nie, selfs al voel ons onwaardig en swak. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed