Boodskap vir Vandag

Search

Die vreemde ontsetting van God se genade

Hou dan in gedagte wat julle vroeër was … In dié tyd was julle sonder Christus … sonder hoop en sonder God in die wêreld (Efesiërs 2:11-12).

Wie deur genade gered is, ervaar – volgens Karl Barth – nie net ʼn oorweldigende gevoel van dankbaarheid en bevryding nie.

Hulle beleef ook ʼn vreemde vorm van ontsetting.

Dit is daardie ervaring van verslae skrik, selfs vertraagde skok, omdat jy so pas aan ʼn dodelik gevaar ontkom het. En dit sonder dat jy dit op daardie oomblik besef het.

Barth verwys dan na die legende van ʼn ruiter wat in die nag die toegeyste meer van Constanze in Duitsland oorgesteek het. Hy het dit gedoen sonder om te besef waar hy was. Dit was eers toe hy die ander kant bereik en die mense vir hom vertel van waar hy gekom het dat hy van skrik ineengestort het.

Maar dit is ons situasie as mense, herinner Barth ons, wanneer die son van God se genade oor ons lewe begin skyn en ons skielik ontdek waar ons was. Dan besef ons, in sy woorde:

“I was doomed and miraculously escaped and now I am safe! You ask: ‘Do we really live in such danger?’ Yes, we live on the brink of death. But we have been saved … Look at Jesus Christ on the cross, accused, sentenced, punished instead of us! … This is how God had to deal with us. From this darkness he has saved us.”

Barth sluit dié deel van sy preek af deur daarop te wys dat wie nie iets van bogenoemde ruiter se ontsetting ken nie, waarskynlik nog nie goed begryp wat dit beteken om deur genade alleen gered te wees nie.

Dit is nogal iets om in dié Adventstyd oor na te dink.

Here, hoe min verstaan ons nog van u genade. Maak ons vandag met ontsetting bewus van die donker diepte waaruit U ons gered het. Doen dit sodat ons die bevrydende lig van u genade met groter dankbaarheid kan ontvang en vier. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed