Boodskap vir Vandag

Search

Die vreugde van die gewone

En vir hulle sê hy: “Moenie meer invorder as wat vir julle vasgestel is nie” (Lukas 3:13).

Op die verskillende groepe se vraag wat hulle te doen staan wanneer dinge te veel raak, die verveling té erg en die vreugde minder, is Johannes se antwoord in Lukas 3:10-14 tog verbasend.

Want hy roep hulle nie allereers op tot een of ander buitengewone daad of optrede nie.

Soos dat hulle huis en familie moet verlaat nie. Of iewers ver weg sendingwerk gaan doen nie. Of hulle kultuur sal prysgee en in die woestyn by hom kom bly nie.

Nee, hy stuur hulle terug huis toe, werk toe – terug na die gewone, die bekende, die vertroude. Om dáár anders te gaan leef: regverdiger, toegewyder, eerliker, en meer vrugbaar.

Een teoloog parafraseer Johannes se woorde só:

“Go home to your families, your neigbours, your vocations, your colleagues. Stop fleeing … Inhabit the stuff of your life as deeply and as generously as you can … Inhabit your life, no matter how plain, how obscure, how unglamorous. Why? Because the holy ground that matters most is the ground beneath your feet.”

Die vreugde van God se koninkryk is inderdaad nader en selfs dieper as wat ons party dae vermoed.

O Here, leer ons vandag weer om ons vreugde in die gewone dinge te soek. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed