Boodskap vir Vandag

Search

Die ware definisie van gemeenskap

Wanneer Timoteus kom, moet julle hom by julle laat tuis voel, want net soos ek, doen hy ook die werk van die Here (1 Korintiërs 16:10).

Ek het ʼn dagboek met allerlei interessante aanhalings onderaan elke bladsy.

Sommige aanhalings bevat nogal waarhede wat my lank bybly. Soos dié een wat ek onlangs raakgelees het: “Home is not necessarily where you live, but where people understand you.”

Natuurlik is daar huise of sigbare ruimtes waarbinne ʼn mens onmiddellik tuis, gemaklik en knus voel. Maar ons almal ken ook die gevoel van eensaamheid en verlatenheid wanneer jy ná ʼn lang dag alleen by die huis kom en ontdek: Daar is niemand om jou te verwelkom nie.

Nee, ons almal – selfs al is ons huise warm en gesellig ingerig – het ʼn spreekwoordelike asempie rondom ons nodig. Iemand, of mense, wat ons nie net geselskap kan hou nie, maar van wie ons ook weet: Hulle verstaan my.

Miskien is dít die ware definisie van gemeenskap. Nie net ʼn groep mense wat bymekaar is nie, maar mense wat, terwyl hulle by jou is, jou ook verstaan. Wat weet wat jou diep roer. Wat bereid is om in alle omstandighede bý jou te staan.

Wie dít weet en ervaar, het inderdaad tuisgekom.

Here, dankie vandag vir mense wat my verstaan en my laat tuis voel. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed