Boodskap vir Vandag

Search

Die ware definisie van gemeenskap

Wanneer Timoteus kom, moet julle hom by julle laat tuis voel, want net soos ek, doen hy ook die werk van die Here (1 Korintiërs 16:10).

Ek het ʼn dagboek met allerlei interessante aanhalings onderaan elke bladsy.

Sommige aanhalings bevat nogal waarhede wat my lank bybly. Soos dié een wat ek onlangs raakgelees het: “Home is not necessarily where you live, but where people understand you.”

Natuurlik is daar huise of sigbare ruimtes waarbinne ʼn mens onmiddellik tuis, gemaklik en knus voel. Maar ons almal ken ook die gevoel van eensaamheid en verlatenheid wanneer jy ná ʼn lang dag alleen by die huis kom en ontdek: Daar is niemand om jou te verwelkom nie.

Nee, ons almal – selfs al is ons huise warm en gesellig ingerig – het ʼn spreekwoordelike asempie rondom ons nodig. Iemand, of mense, wat ons nie net geselskap kan hou nie, maar van wie ons ook weet: Hulle verstaan my.

Miskien is dít die ware definisie van gemeenskap. Nie net ʼn groep mense wat bymekaar is nie, maar mense wat, terwyl hulle by jou is, jou ook verstaan. Wat weet wat jou diep roer. Wat bereid is om in alle omstandighede bý jou te staan.

Wie dít weet en ervaar, het inderdaad tuisgekom.

Here, dankie vandag vir mense wat my verstaan en my laat tuis voel. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed