Boodskap vir Vandag

Search

Die wysheid wat van Bo kom

Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig (Jakobus 3:13).

Teenoor die valse wysheid, stel die apostel Jakobus in hoofstuk 3:13-18 van sy brief gelukkig ook die ware of egte wysheid.

En hoor ons tussen die reëls sy verlange dat hierdie wysheid uiteindelik die styl en getuienis van die erg verdeelde gemeente aan wie hy skryf, sal bepaal.

Hierdie egte wysheid kom uit ‘n vorm van nederigheid voort, vanuit die wete dat jou beste insigte en kennis beperk en voorlopig is. En dat jy vir goeie oordeel en keuses ook op die raad en bystand van ander aangewese is, selfs die eenvoudigstes en armstes.

Om dié rede vind egte wysheid – die wysheid wat van God kom – altyd in liefdevolle en sensitiewe gedrag uitdrukking. Jakobus spel dit uit: Die wysheid wat van bo kom, is sonder bybedoelings, vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye, onpartydig en opreg (Jak 3:17).

Kortliks: Wie waarlik wys is, weet hóé om hulle eie selfbehepte opinies op te skort, goed te luister en hulle in die omstandighede van ander in te leef.

En hiervoor hoef ‘n mens nie uitermate slim te wees nie – net iemand wat opreg en beskeie voor sy Skepper leef.

Here, leer ons vandag om beskeie en opreg voor U as ons Skepper en Heer te leef. Sodat ons altyd met egte wysheid en insig sal optree.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed