Boodskap vir Vandag

Search

Dien ander

Die aand voor Goeie Vrydag is die bekende teks uit Johannes 13 gewoonlik aan die woord. Jesus buk en was sy dissipels se voete. Dié teks daag ons eerstens uit om dienend te leef en te los waaraan ons so vasklou, om weerloos te wees voor die ander. Maar ook om toe te laat dat God in Christus ons voete was, ons dien.

Dit is die konstante omruil van rolle wat die evangelie so vol aanstoot maak. Ek het nog altyd gedink Paasnaweek is die een naweek in die jaar waar ’n mens so min moontlik woorde moet gebruik. Om só te begin verduidelik dat God voor die mens kniel, dat Jesus nie afklim van die kruis nie al word Hy getart. Dit laat jou toe om die kleinheid van jou woorde te besef.

Geen wonder die Bybel het so baie beelde om die misterie te probeer verwoord nie: ʼn Vriend gee sy lewe vir ’n vriend; ʼn ma gee alles vir haar kind; die herder los alles en soek die skaap; die skepper los nie wat hy in liefde gemaak het nie. God is altyd “God vir ons”.

God kom dien.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed