Boodskap vir Vandag

Search

Dien ander

Die aand voor Goeie Vrydag is die bekende teks uit Johannes 13 gewoonlik aan die woord. Jesus buk en was sy dissipels se voete. Dié teks daag ons eerstens uit om dienend te leef en te los waaraan ons so vasklou, om weerloos te wees voor die ander. Maar ook om toe te laat dat God in Christus ons voete was, ons dien.

Dit is die konstante omruil van rolle wat die evangelie so vol aanstoot maak. Ek het nog altyd gedink Paasnaweek is die een naweek in die jaar waar ’n mens so min moontlik woorde moet gebruik. Om só te begin verduidelik dat God voor die mens kniel, dat Jesus nie afklim van die kruis nie al word Hy getart. Dit laat jou toe om die kleinheid van jou woorde te besef.

Geen wonder die Bybel het so baie beelde om die misterie te probeer verwoord nie: ʼn Vriend gee sy lewe vir ’n vriend; ʼn ma gee alles vir haar kind; die herder los alles en soek die skaap; die skepper los nie wat hy in liefde gemaak het nie. God is altyd “God vir ons”.

God kom dien.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.