Boodskap vir Vandag

Search

Dissipline

Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan – Kolossense 3:23-24.

Sonder selfdissipline sal dit moeilik wees om iets van blywende waarde te bereik. ’n Bekende akteur vertel van sy voorbereiding vir ’n moeilike rol: “Dit is harde werk, maar dit is goed, want vryheid lê aan die ander kant van dissipline.”

Mark Batterson het tydens die skryfproses van sy boek The circle maker in ’n stadium vasgeval. Hy kon eenvoudig nie dink wat om verder te skryf nie. Die gedagtes en woorde het hom bly ontglip. Sy keel het toegetrek, want die sperdatum was om die draai.

Een oggend het hy by die koffiewinkeltjie ingeloer waar hy gereeld wegneemkoffie gekoop het. Die barista was in gesprek met die koffiekoper voor Batterson in die ry. Hulle het oor sy vorige boek gesels en die klant het vertel dat die boek ’n keerpunt in sy lewe gebring het.

Batterson het met ’n nuwe roepingsbewustheid teruggegaan. Hy het besef dat God se eer op die spel was. Hy sou aan Hom verantwoording moes doen. Daarom het hy elke dag begin met gebed vir goddelike inspirasie en insig, maar veral vir dissipline. En hy het onwrikbaar daarby gehou.

Hy eindig die hoofstuk met die woorde: “Ek het nie die boek geskryf nie; ek het die boek gebid.”

Here, gee my die selfdissipline om alles wat ek doen só te doen asof dit vir U is en nie vir mense nie. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed