Boodskap vir Vandag

Search

Dit gaan nie oor jou nie

Wees mense wat seën omdat julle daartoe geroep is, sodat julle seën as erfdeel kan verkry (1 Petrus 3:9).

Die derde stukkie raad wat die sangeres Joyce DiDonato in 2014 aan studente by die bekende Juilliard-musiekskool in New York gegee het, is waarskynlik die belangrikste.

Dit lui kort en kragtig: “It’s not about you.” Dit gaan nie oor jou nie.

Om dit verder te verduidelik, vervolg sy dan: “Julle besef dit dalk nie nou nie, maar julle het nie bowenal studeer om ʼn lewe van roem en bewondering te geniet nie, hoewel ek van harte hoop dat iets daarvan vir julle almal waar sal word. Feit is, dít is nie julle ware bestemming nie, want roem is tydelik en sal net so vinnig soos dit gekom het weer verbygaan.

“Die waarheid is: Julle het julleself voorberei vir ʼn lewe van diens. En die lewensveranderende gevolge van hierdie diens vir julle en ander mense sal nooit verbygaan soos roem beslis sal nie.”

DiDonato sluit dan haar betoog af met die volgende mooi woorde: “You are here to serve the words, the director, the melody, the author, the chord progression, the choreographer – but above all and most importantly, with every breath, step, and stroke of the keyboard, you are here to serve humanity.”

In Petrus se woorde beteken dit gewoon: Ons is geroep om met ons unieke talente ʼn seën vir ander te wees sodat ons self God se seën as erfdeel kan ontvang.

O Here, hoe sug ons nie na roem en erkenning nie. Leer ons vandag weer die waarde van opregte diens. En herinner ons dat U ons seën wanneer ons ʼn seën vir ander is. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed