Boodskap vir Vandag

Search

Dit gaan om gehoorsaamheid

Die liefde vir God bestaan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam (1 Johannes 5:3).

In die eerste brief van Johannes wat oor die uitleef van die liefde handel, duik ‘n uitdrukking of vermaning op wat in ons tyd ongewild geword het – ook vreemd voorkom in gesprekke oor die toekoms van ons samelewing.

Dit is dat ons God se gebooie moet gehoorsaam.

Ek mag verkeerd wees, maar ek verbeel my dat moderne mense wat glo dat hulle hulle eie heil kan uitwerk, allergies vir dié soort woorde en taal geword het. Ook dink dat dit nie betekenis vir gesprekke oor die alledaagse dinge van hulle lewe soos die ekonomie of die politiek het nie. Want dit impliseer immers dat ons moet buig voor ‘n hoër gesag as ons eie insigte en vermoëns en gehoor moet gee aan ander stemme as die stem van ons eie natuurlike begeertes, wense en prestasies.

Ja, dat ons gehóór-saam sal wees!

Vir Johannes bly gehoorsaamheid aan God se gebooie die sleutel tot kennis van God. Ook die geheim tot onderlinge liefde – daardie liefde wat vrees en selfsug verdryf, wat geregtigheid vir almal soek, ook vir ons geplunderde aarde. En wat uiteindelik die oorwinning insluit van alle magte wat die vrede op aarde kan versteur.

Hoe jammer tog dat ons hierdie perspektief verloor het! Selfs bang is om dit in te bring in ons gesprekke oor wat heilsaam vir ons toekoms is.

O Here, leer ons en ons leiers vandag tog weer die geheim en waarde van U en u gebooie te gehoorsaam.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed