Boodskap vir Vandag

Search

Dit gaan om mense!

Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel (Matteus 5:44).

My broer het my lank gelede daaraan herinner hoe ongelukkig, ja, selfs gevaarlik dit kan wees as ‘n mens ‘n bepaalde argument of saak wen, maar in die proses jou eie waardigheid, asook die respek van ander mense, verloor.

In ons land waar die emosies oor talle sake op die oomblik hoog loop – van studentegelde tot korrupsie en staatskaping, bly dit ‘n groot gevaar. Dit is dat mense blindelings en dikwels sonder respek vir ander of hulle eie omgewing die strydbyl vir ‘n bepaalde saak opneem.

Net om in die proses self aan respek, liefde en geloofwaardigheid in te boet.

Nie dat ‘n mens ‘n goeie saak van huis uit wil boikot of teëstaan nie. Maar die manier waarop so ‘n saak gesoek, gedryf en gedien word, bly altyd van kardinale belang.

Die Afrikaner-teoloog en aktivis, Beyers Naude, het indertyd reeds gewaarsku dat protes sonder dissipline of liefde, geen reg op ‘n toekoms het nie. Daarnáás herinner die evangelie ons daaraan dat elke saak, hoe dringend en kritiek ook al, uiteindelik om deernis en respek vir mense, ja, alle mense, selfs ook jou vyande, gaan.

Jesus het lank gelede vir ons almal, maak nie saak waarvóór of waartéén ons stry of protesteer nie, iets hieroor geleer.

Here, help ons om, ook wanneer ons gefrustreerd is of protesteer, dit in die gees van respek en liefde vir alle mense te doen, net soos U gedoen het. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed