Boodskap vir Vandag

Search

Dit gaan om verhoudinge

Die twaalf was saam met Hom en daarby ‘n aantal vroue wat van bose geeste en siektes genees was (Lukas 8:1-2).

Jesus se lewe en bediening hou ons daarvan bewus dat dit in die lewe om liefdevolle verhoudinge en betekenisvolle ontmoetings gaan.

En dat ons waaksaam moet wees om ons lewe hoofsaaklik deur die selfgerigte etos en belange van ons samelewing of van groot sisteme te laat bepaal. Soos onder andere om ten alle koste bó te wil uitkom, baie geld te maak, jou maatskappy of party se beleid blindelings na te volg en te dien.

Dit is bekend dat iemand soos die Russiese leier van vroeër, Josef Stalin – en hy is een van baie – openlik verklaar het dat die Kommunistiese party sy lewe is. En dat persoonlike verhoudinge en selfs die familielewe hieraan ondergeskik moet wees.

Trouens, wie hom nie hierin nagevolg het nie, is dikwels meedoënloos vervolg.

Wat ‘n eensydige en selfs skewe, tragiese lewensuitkyk is dit nie!

Want wie liefdevolle verhoudinge verwaarloos en dit nie gedurig koester en met hulle werk en openbare lewe integreer nie, se bestaan word gou hard, leeg en arm.

Die smee van goeie verhoudinge bly ‘n prioriteit en ‘n onmisbare bron vir ‘n lewe van betekenis.

Here, dankie vandag weer vir mense wat sin en betekenis aan my lewe gee. Help my om in vriendskappe en goeie verhoudinge te bly belê. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed