Boodskap vir Vandag

Search

Dit gaan om vryheid en heling

Hy het baie siekes wat allerhande kwale gehad het, gesond gemaak en baie duiwels uitgedrywe (Markus 1:34).

Dit bly jammer dat baie mense die Christelike geloof steeds met oordeel en ongesonde skuldgevoelens assosieer.

Wie enigsins moeite doen, sal ontdek dat dit in Jesus se bediening eintlik om presies die teenoorgestelde gegaan het, naamlik om vryheid en heling, liefde en aanvaarding, hoop en geloof.

Dáárvoor het Hy gekom: Om mense in nood te help en aan hulle hulle gesondheid en menswaardigheid terug te gee. Dit het gegaan om vryheid en heling – fisies sowel as geestelik.

Hoe duidelik sien ons dit nie in Markus 1:29-39 nie – ons teks vir die week. Dié teks dui terselfdertyd ook die aard en doel van Jesus se bediening aan.

Daar lees ons hoe ‘n hele dorp met al hulle kwale by Petrus se huis opdaag om Jesus se sien. En hoe Jesus sonder skroom hulle help en genees. Selfs kort daarna met dieselfde doel na ander dorpies vertrek het omdat, in sy eie woorde, Hy dáárvoor gekom het (Mk 1:33-38).

Net iemand wat blind is of onwillig is om dit te glo, kan dít mis.

Here, vergewe dat ons U so misverstaan. Heel ons vandag weer van ons vooroordele en verkeerde persepsies. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed