Boodskap vir Vandag

Search

Dit gaan om vryheid en heling

Hy het baie siekes wat allerhande kwale gehad het, gesond gemaak en baie duiwels uitgedrywe (Markus 1:34).

Dit bly jammer dat baie mense die Christelike geloof steeds met oordeel en ongesonde skuldgevoelens assosieer.

Wie enigsins moeite doen, sal ontdek dat dit in Jesus se bediening eintlik om presies die teenoorgestelde gegaan het, naamlik om vryheid en heling, liefde en aanvaarding, hoop en geloof.

Dáárvoor het Hy gekom: Om mense in nood te help en aan hulle hulle gesondheid en menswaardigheid terug te gee. Dit het gegaan om vryheid en heling – fisies sowel as geestelik.

Hoe duidelik sien ons dit nie in Markus 1:29-39 nie – ons teks vir die week. DiĂ© teks dui terselfdertyd ook die aard en doel van Jesus se bediening aan.

Daar lees ons hoe ‘n hele dorp met al hulle kwale by Petrus se huis opdaag om Jesus se sien. En hoe Jesus sonder skroom hulle help en genees. Selfs kort daarna met dieselfde doel na ander dorpies vertrek het omdat, in sy eie woorde, Hy dáárvoor gekom het (Mk 1:33-38).

Net iemand wat blind is of onwillig is om dit te glo, kan dĂ­t mis.

Here, vergewe dat ons U so misverstaan. Heel ons vandag weer van ons vooroordele en verkeerde persepsies. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed