Boodskap vir Vandag

Search

Dit help ons om op te hou kla

U het my gerou in ʼn koordans verander, my rouklere uitgetrek en my met vreugde omgord (Psalm 30:12).

Oor die waarde en voordele van ʼn gesonde spiritualiteit, of dan ʼn egte en deurleefde geloofslewe, het iemand eenmaal kort en kragtig geskryf:

“It gets you to stop whining. It makes whining the least appropriate response to suffering.” In Afrikaans vertaal: “Dit help jou om op te hou kla. Dit ontmasker ʼn aanhoudende gekla en gesanik as die mins gepaste reaksie op lyding.”

Natuurlik sluit ʼn egte geloofslewe nie uit dat ons soms kan en moet kla nie. Die klaagpsalms en ʼn boek soos Job gee ons juis toestemming daartoe. Maar uiteindelik moet die geestelike krag wat uit ons geloofsvertroue voortspruit ons help om nie in ons klaagliedere vas te val nie.

Ja, om op te hou kla en bokant ons swaarkry en lyding uit te styg.

Sodat ons soos Paulus uiteindelik kan bely dat ook dít ten goede meegewerk het in ons lewe (Rom 8:28). Juis omdat ons daarin, soos Job, die genadige hand van God gesien het (Job 42:4-6). En eerstehands, soos die psalmdigter, ervaar het hoe God ons rou in ʼn koordans verander (Ps 30:12).

So kom ons hou op kla. Daar is beter dinge om te doen!

Here, vergewe ons ons onnodige en voortdurende gekla. Leer ons om bly te wees en U te bly loof, selfs al lyk alles so donker. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed