Boodskap vir Vandag

Search

Dit help ons om op te hou kla

U het my gerou in ʼn koordans verander, my rouklere uitgetrek en my met vreugde omgord (Psalm 30:12).

Oor die waarde en voordele van ʼn gesonde spiritualiteit, of dan ʼn egte en deurleefde geloofslewe, het iemand eenmaal kort en kragtig geskryf:

“It gets you to stop whining. It makes whining the least appropriate response to suffering.” In Afrikaans vertaal: “Dit help jou om op te hou kla. Dit ontmasker ʼn aanhoudende gekla en gesanik as die mins gepaste reaksie op lyding.”

Natuurlik sluit ʼn egte geloofslewe nie uit dat ons soms kan en moet kla nie. Die klaagpsalms en ʼn boek soos Job gee ons juis toestemming daartoe. Maar uiteindelik moet die geestelike krag wat uit ons geloofsvertroue voortspruit ons help om nie in ons klaagliedere vas te val nie.

Ja, om op te hou kla en bokant ons swaarkry en lyding uit te styg.

Sodat ons soos Paulus uiteindelik kan bely dat ook dít ten goede meegewerk het in ons lewe (Rom 8:28). Juis omdat ons daarin, soos Job, die genadige hand van God gesien het (Job 42:4-6). En eerstehands, soos die psalmdigter, ervaar het hoe God ons rou in ʼn koordans verander (Ps 30:12).

So kom ons hou op kla. Daar is beter dinge om te doen!

Here, vergewe ons ons onnodige en voortdurende gekla. Leer ons om bly te wees en U te bly loof, selfs al lyk alles so donker. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed