Boodskap vir Vandag

Search

Dit is alles waar en geldig

Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van die sondige mense,
gekruisig word, en op die derde dag opstaan (Lukas 24:7).

Indien ons vir geloof in Jesus se opstanding aangewys is op die woorde en getuienis van ‘n klompie eenvoudige vroue, aldus Lukas, is die vraag natuurlik: “Wat was hierdie getuienis?”

Watter boodskap bring hulle in Lukas 24:1-12 terug vanaf die leë graf? Ja, waarvan was die leë graf self ‘n teken?

Ons hoor dié boodskap duidelik in die woorde van die twee onbekende manne in blink klere waarvan Lukas vertel.

Dit lui basies so: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy, Jesus, die Seun van die mens wat uitgelewer was deur sondige mense en wat gekruisig is – Hy lewe! – Hy het, presies soos Hy beloof het, op die derde dag opgestaan uit die dood! (vgl Luk 24:7).

Vir die vroue en dissipels van destyds, maar ook vir die kerk van alle eeue, was en is hierdie boodskap dat die opgestane Een niemand anders as die gekruisigde Jesus was nie, steeds oneindig troosvol.

Want dit beteken dat Jesus se koms, en ook sy sterwe, nie verniet was nie. Dat alles wat hy gesê en gedoen tydens sy aardse lewe tog geldig en gesagvol is. Ja, dat alles wat Hy beloof het, tog waar en betroubaar is, sodat almal wat arm of eensaam is, moedeloos en alleen, nou mag hoop op nuwe uitkomste, selfs geluk.

Dat die gekruisigde leef, beteken verder dat Jesus se droom van God se koninkryk wat deurbreek tog nie leeg of onrealisties was nie – ja, dat dit tóg moontlik is om jou skuld te oorkom, jou vyande te vergewe en lief te hê, die ander wang te draai, reg en geregtigheid na te jaag, ook te verwag dat jy die sigbare vrugte daarvan kan sien.

En dit alles omdat die gekruisigde leef, omdat Hy deur sy Gees steeds by ons is.

Aangrypend stel die teoloog Dirkie Smit dit só:

“Dat die gekruisigde leef, beteken daar is hoop vir ons alledaagse lewe. Niemand is langer só vasgeloop dat hulle nie óór kan begin nie. Niemand is só melaats dat hulle nie sinvol kan leef nie. Want Jesus se bediening was alles eg en waar.

“God self staan daarvoor in – deur Hom op te wek uit die dood.”

O Here, dankie dat alles wat U op aarde gedoen en gesê het geldig en waar is. En dit omdat U as gekruisigde steeds leef.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed