Boodskap vir Vandag

Search

Dit is die belangrikste

Kyk watter groot liefde het die Vader aan ons bewys: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook (1 Johannes 3:1).

Terwyl die bekende geestelike, Jorg Zink, vertel van sekere veranderinge wat hy danksy die genade van God in sy lewe ervaar het, is daar tog één wat uitstaan.

Hieroor skryf hy aangrypend in ‘n boek met gelykluidende titel: “Hoe ek my verander het”.

In sy woorde: “Ek meen tog vandag daar is dinge wat baie belangriker is as blote kennis, of om dinge te leer verstaan.”

“As jongmens was ek gefassineer deur ‘n spreuk teen ‘n muur in die voorportaal van ons skool. Dit het gelui: ‘Sapere aude’, wat beteken: ‘Waag dit met kennis.’

“Vandag sou ek graag daaronder wou skryf: ‘Neem jou eie kennis en insigte nie so ernstig nie. Die liefde van God en om dít te ken, is baie belangriker.'”

Hierdie woorde van Zink sluit aan by ‘n ander uitspraak van hom, naamlik dat daar in die Bybel en in die Christendom ‘n diep mistieke element aanwesig is. Een wat getuig van ‘n eerstehandse ontmoeting met en ervaring van God se onvoorwaardelike trou en liefde.

Wie dit ontdek, so skryf hy, se geestelike lewe word nie net verdiep nie, maar hulle kry ook die moed om in die samelewing vrymoediger oor God te praat.

Net soos die profete van ouds.

O Here, verras ons vandag weer met u liefde – u liefde wat ons aanvaar net soos ons is. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed