Boodskap vir Vandag

Search

Dit is genoeg

Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne (Jesaja 43:1).

Daar is die luimige storie van ʼn akademiese vriend en tydgenoot wat so pas verneem het hy is as professor aangestel.

Die aand op pad bed toe stap hy verby die spieël in sy slaapkamer, sien homself raak, knik ewe en groet ondeund: “Naand, Professor!”

So gaan dit party dae wanneer ons in die spieël kyk – ons verwonder ons aan die mens wat ons geword het, aan die pad wat ons gekom het. Om hierdie beeld dan met dankbaarheid, trots en selfs ʼn tikkie humor te begroet.

Maar daar is ook ander dae wanneer die beeld wat na ons terugstaar soos ʼn volslae vreemdeling voel. Iemand wat sukkel, nogeens misluk het, nie is waar hy of sy moet wees nie. Sodat jy in skaamte wil wegkyk.

Dit is hierdie soort dubbelslagtigheid waarmee ons almal sukkel en wat die teoloog Dietrich Bonhoeffer in een stadium tussen selfvertroue en vertwyfeling laat skipper het. Wat hom ook die gedig “Wie is ek?” laat skryf het.

“Is ek regtig die sterk mens wat deur almal om my bewonder en geprys word?” vra hy. “Of is ek wat ek van myself weet: ʼn eensame swakkeling wat in sy alleen-oomblikke twyfel en desperaat honger na die nabyheid van geliefdes?”

Uiteindelik vind Bonhoeffer berusting daarin dat wie hy ook al is, hy bowenal aan God behoort. En om dít te weet, was en is steeds genoeg.

Ook vir jou vandag.

Here, wat ʼn belofte, wat ʼn troos, dat ons aan U behoort! Help my om dit vandag weer te glo en vanuit dié versekering te gaan leef. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed