Boodskap vir Vandag

Search

Dit is joune, vat dit!

Maar onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien, sy trou vir opeenvolgende geslagte – Psalm 103:17.

Arnold van Ruler, ’n Nederlandse Gereformeerde teoloog, het gesê: “Voordat ons kan liefhê, moet ons eers bemin word. Ons moet toelaat dat God ons liefhet. Ons moet vanuit die liefde van God leer leef.”

God se liefde is verniet. Dit is sy onverganklike geskenk aan ons. Dit lê oop en bloot op die tafel voor ons. Eers wanneer ek werklik glo dat hierdie geskenk myne is, kan ek dit optel en vir myself sê: Ek glo God het mý lief.

Waarom vertrou ek Hom dan nie? Waarom kies ek angs en toekomsvrees in plaas daarvan om te glo dat Hy – wat my liefhet – ook vir my sal sorg?

Vrees is ’n vreugdedief. Dit laat my keel toetrek en dit laat geen plek vir toekomshoop nie. Dit staan in direkte kontras met Jesus se troostende woorde aan sy ontstelde, angsbevange dissipels in Johannes 14:1: “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.” In Die Bybel in praktyk staan daar as kantaantekening by bostaande vers: “Jesus se woorde laat ons besef dat die pad na die Vader geen onsekere pad is nie. Die ewige lewe is net so ’n sekerheid as ons geloof in Jesus Christus. Die enigste onsekerheid is of ons bereid is om in Hom te glo.”

Nét God kan ons met sy volkome vreugde en vrede vervul. Hy nooi ons uit: Dit is joune! Vat dit!

Dankie, Here, dat ek die lewe in al sy volheid vind wanneer ek U, wat my oneindig liefhet, vertrou. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed