Boodskap vir Vandag

Search

Dit is ’n boks!

Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees – Psalm 118:24.

Ons vier ’n kleinkind se verjaarsdag. Die opwinding is groot. Die koek is gebak, die kersies doodgeblaas. Ons sing “Veels geluk, liewe maatjie”. En dan is dit geskenketyd. Die dogtertjie skeur die papier van die eerste geskenk af. Dit is ’n gewone bruin boks, met die verrassing nog binne-in. Tog roep sy in ekstase uit: “’n Boks!”

Die vreugde en verwondering is spontaan en opreg. Wat binne-in die boks is, is nie ter sake nie. Sy kan die boks sien en in haar hande vashou. Dit is hare.

Dikwels is ons hart en gedagtes nie by dít wat ons nóú beleef nie. Ons berei so voor vir dít wat môre en oormôre moet gebeur. Dít wat ons nog wil bereik. Dít wat die toekoms bied. Ons staan nie by die vreugde van klein oomblikke stil nie.

’n Ma voed haar rustelose kleinding en wens die baba is groot sodat haar nagte weer rustig kan wees. Terwyl ’n ander ma haar baba voed, verkyk sy haar aan die fyn haartjies op die oorskulp, die deining van die borsie.

Die lewe is nie ’n kleedrepetisie vir môre se optrede nie. Ons is nóú op die verhoog, op hierdie einste oomblik. Ek, terwyl ek hier skryf. Jy as leser, terwyl jy hier lees.

Ons mis God se nabyheid terwyl ons bid, want ons gedagtes is nie by ons gebed nie, maar by môre se probleme of dít wat ek netnou moet doen.

Ons moet weer in verwondering kan uitroep: “Dit is ’n boks!”

Here, dankie vir hierdie oomblik. Dit is ’n geskenk uit u hand. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed