Boodskap vir Vandag

Search

Dít is ook genesing

Ons bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word (Efesiërs 3:16).

Een van die moeilike vrae in verband met gebed is of ons die skynbaar onmoontlike mag vra.

Soos dat iemand van ‘n siekte, wat medies gesproke ongeneeslik blyk te wees, genees sal word. Of dat God reën sal gee, terwyl die weervoorspelling op die teendeel wys.

Natuurlik kan God wonders laat gebeur. So leer die Bybel ons. God kan onverwagte wendings bring waardeur die wette van die natuur tydelik opgehef word.

Jesus se bediening is vol van sulke voorbeelde.

Tog leer die ervaring ons dat dit dikwels nié so gebeur nie. Dat God skynbaar sake hulle gang laat gaan. Nie die natuurlike orde summier verbreek nie. Per slot van sake hou God die aarde en lewe in stand; bly God Heer van al die wette wat ons lewe daagliks beheer en dra.

En waar hierdie natuurlike orde of harmonie versteur of omver gegooi word soos met ‘n groot natuurramp, of dodelike siektes wat onverwags toeslaan, kom ons voor die misterie van God se onpeilbare raad of voorsiening te staan.

Dan bly die uitdaging om innerlik sterk en gesond te bly. Om steeds sin aan ons terugslae te gee. Steeds moed en krag in ons teleurstellings te vind. Selfs nuwe hoop en geloof daaruit te put.

Hiervoor veral moet ons óók bid. Want om te midde van onbegryplike lyding en teëspoed, innerlik sterk en gelowig te bly, is óók ‘n vorm van genesing.

O Here, ons begryp nie altyd u wil vir ons lewe nie. Nog minder begryp ons die manier waarop U regeer. Maar maak ons vandag weer innerlik sterk, gee ons daardie heling wat van ons lyding sin maak. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed