Boodskap vir Vandag

Search

Dít is tog genoeg!

Toe het Abraham botter en melk en die kalf wat voorberei is,
gevat en voor die mans neergesit, en hulle het daar onder die
boom geëet terwyl hy hulle bedien het (Genesis 18:8).

In sy boek, “Report to Greco”, verhaal die skrywer, Nikos Kazantzakis, verskeie boeiende episodes uit sy lewe.

Almal is eg menslik en bevat wonderlike en kosbare lewenslesse.

So vertel hy hoe hy eendag as jongeling, omring deur die geil wingerde en olyfboorde van sy dorp, teruggestap het huis toe. Terwyl die geur van vyeblare die lug gevul het, het ‘n klein ou vroutjie met ‘n mandjie in haar hand skielik voor hom verskyn.

Toe sy hom sien, het sy gaan staan, die blare wat haar mandjie bedek het weggeskuif en twee smaaklike vye te voorskyn gehaal en na hom uitgehou.

Op sy verbaasde reaksie “Maar ken ek u?”, het sy met verwondering na hom gekyk. Toe gee sy die volgende verrassende antwoord: “Nee, my kind, jy ken my nie. Maar móét ek jou ken om iets vir jou te gee? Jy is tog ‘n mens soos ek. Is dít nie genoeg nie?”

Met dié woorde het die vrou ‘n klein laggie gegee en aangewaggel in die rigting van haar nabygeleë tuisdorp.

Of die vrou se ongewone gasvryheid daartoe bygedra het, sal ons nie weet nie. Maar vir Kazantzakis was die twee vye wat albei gedrup het van heuning die lekkerste wat hy nog ooit geëet het. En haar verfrissende woorde was een van die belangrikste lewenslesse wat hy in dié tyd geleer het.

Maande daarna het dit nog in sy gemoed gemaal: “Jy is ‘n mens soos ek. Dít is tog genoeg!”

Here, leer ons om ons oë vandag weer oop te hou vir die gawes van mense, ook eenvoudige mense van wie ons niks verwag. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed