Boodskap vir Vandag

Search

Dit kos bitter min

Stralende oë bring blydskap, goeie tyding verkwik ‘n mens (Spreuke 15:30).

Byna elke mens het iets waarvoor hulle bekend staan.

Dit is daardie een eienskap of kenmerk wat onmiddellik uitstaan of na vore tree wanneer jy aan hulle dink.

By party is dit hulle intelligensie, veelsydigheid, die vermoë om vlot te praat of gemaklik met ander om te gaan.

Ander weer word onthou vir hulle rigiditeit, slegte humeur of ongeduld.

Nog ander weer vir hulle gasvryheid, spontaneïteit en vriendelike geaardheid.

Allie was so ‘n oop, hartlike mens. Voor jy hom nog gesien het, het jy sy vriendelike stem agter jou hoor groet, terwyl hy verby jou gery het. En soos ‘n goeie tyding was daar altyd sáám met sy glimlaggende gesig en stralende oë die spontane en innige wuif.

Allie het my destyds, toe ek nog ‘n jong onervare en selfbewuste leraar was, die waarde van egte vriendelikheid geleer. En dat dit bitter min kos of vra. Alleen maar ‘n klein moedige gebaar of treetjie waardeur jy jou omgewing en die mense wat daar vertoef, ‘n hele dag lank, indien nie ‘n leeftyd lank nie, kan opvrolik.

Dus, waarheen is jy nou op pad? Wie gaan jy sien? Met wie gaan jy praat?

Onthou tog om vriendelik te wees. Dit kos amper niks nie. Maar dit kan die wêreld ‘n mensliker en leefbaarder plek help maak.

Here, leer ons vandag weer die waarde van ‘n vriendelike gesig of glimlag. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed