Boodskap vir Vandag

Search

Dit kos bitter min

Stralende oë bring blydskap, goeie tyding verkwik ‘n mens (Spreuke 15:30).

Byna elke mens het iets waarvoor hulle bekend staan.

Dit is daardie een eienskap of kenmerk wat onmiddellik uitstaan of na vore tree wanneer jy aan hulle dink.

By party is dit hulle intelligensie, veelsydigheid, die vermoë om vlot te praat of gemaklik met ander om te gaan.

Ander weer word onthou vir hulle rigiditeit, slegte humeur of ongeduld.

Nog ander weer vir hulle gasvryheid, spontaneïteit en vriendelike geaardheid.

Allie was so ‘n oop, hartlike mens. Voor jy hom nog gesien het, het jy sy vriendelike stem agter jou hoor groet, terwyl hy verby jou gery het. En soos ‘n goeie tyding was daar altyd sáám met sy glimlaggende gesig en stralende oë die spontane en innige wuif.

Allie het my destyds, toe ek nog ‘n jong onervare en selfbewuste leraar was, die waarde van egte vriendelikheid geleer. En dat dit bitter min kos of vra. Alleen maar ‘n klein moedige gebaar of treetjie waardeur jy jou omgewing en die mense wat daar vertoef, ‘n hele dag lank, indien nie ‘n leeftyd lank nie, kan opvrolik.

Dus, waarheen is jy nou op pad? Wie gaan jy sien? Met wie gaan jy praat?

Onthou tog om vriendelik te wees. Dit kos amper niks nie. Maar dit kan die wêreld ‘n mensliker en leefbaarder plek help maak.

Here, leer ons vandag weer die waarde van ‘n vriendelike gesig of glimlag. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.