Boodskap vir Vandag

Search

Dit kos regtig min

En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank (Lukas 17:15-16).

Die woord “dankie” klink miskien gewoon en alledaags, maar is tog, soos ons weet, vol betekenis.

Wanneer dit opreg bedoel word, kan dit mense se stemming en houding teenoor ander mense en selfs teenoor die lewe in die algemeen, oornag verander. Want om vriendelik bedank te word, laat jou altyd gewaardeerd en aanvaar voel.

Presies om dié rede is die weerhouding of afwesigheid van ‘n dankwoord so jammer. Soos my Deense vriend wat reeds agt jaar lank pastorale werk in ‘n tronk in Denemarke doen. Die gevangenes is gaande oor hom. Hulle mis hom wanneer hy die slag nie kan kom nie.

En hulle sê dit ook hoe dankbaar hulle is dat hy daar is en omgee.

Daarteenoor – en dié kant van die verhaal vertel hy my eers die afgelope week – het hy in al die jare nog nie één woord van dank van die owerhede se kant gekry nie. Daar is selfs enkeles van wie hy voel dat hulle sy werk glad nie verstaan of waardeer nie – selfs ‘n afkeer daarvan het.

Dit bly jammer. Want behalwe dat so ‘n negatiewe en ondankbare reaksie alle entoesiasme blus, is dit ook kortsigtig. Toon dit min deernis en begrip vir my vriend en die gevangenes se behoeftes.

Laat ons tog op dié punt nie versuim nie. Om dankie te sê, kos regtig min.

Ag Here, dat ons so kla, is dikwels ‘n teken van ondankbaarheid. Maak ons oë vandag weer oop vir u goedheid. En leer ons om dankie te sê. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed