Boodskap vir Vandag

Search

Dit teer op suiker en wrewel

Sorg dat daar nie verbittering soos ‘n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie (Hebreërs 12:15).

Nou die dag raak iemand wat die waarde van ‘n gesonde lewenstyl ken en beproef, die volgende oor kanker kwyt, een van die gevreesde siektes van ons tyd.

Dit is dat kanker op twee goed in ons gestel teer, naamlik té veel suiker en onverwerkte wrewel of bitterheid.

Dié opmerking is nie sonder grond nie. Almal wéét dit reeds – en navorsing bevestig dit – dat die oormatige gebruik van suiker sleg vir ons gesondheid is.

Waarna natuurlik minder gekyk word, is die rol van opgekropte of onverwerkte emosies, daardie onbewuste gevoelens wat soms so knaend aan ons psige kan bly vreet.

Van hierdie emosies is wrewel en bitterheid waarskynlik die mees vernietigende. Dit laat jou nie net negatief en sinies na die lewe en ander mense kyk nie – op die lange duur skep dit ook ongesonde spanning in ons lyf. Iets wat dan in erge siekte of selfs neerslagtigheid kan omsit.

As Christene moet ons waaksaam bly teen die negatiewe effekte van sulke opgekropte en negatiewe emosies. Dit tas nie net die gesondheid aan nie. Dit kan ook ons getuienis as Christengelowiges skaad.

Dit is tog nie om dowe neute dat die Hebreërskrywer ons oproep om te sorg dat daar nie ‘n wortel van verbittering in ons lewe uitspruit nie.

O Here, daar is so baie dinge wat ons negatief en selfs bitter stem. Roei tog weer die wortel van verbittering uit en maak van ons positiewe en hoopvolle mense. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.