Boodskap vir Vandag

Search

Dit verg min moeite

Op ‘n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood (Spreuke 17:17).

Deel van die proses van ouer word- is dat ‘n mens se vriende minder raak.

Sommige sterf eenvoudig en verdwyn vanuit jou horison. Of jy self leef op hierdie stadium van jou lewe meer na binne en raak asosiaal.

Feit is: Jou vriende raak mettertyd uitgedun en skaarser. Daarom is dit belangrik dat ‘n mens tydens hierdie later fase van jou lewe spesiaal moeite sal doen om familiebande te bly koester. Maar ook jou vriende rustig, maar doelgerig, te bly opsoek of oornooi.

Daar is voorbeelde van mense wat nooit hierdie moeite gedoen of tyd daaraan bestee het nie. Of wat hulle vriendskappe in later jare verwaarloos het.

Sulke mense raak meesal eensaam en afgesonderd oud.

Daar is egter ander mense wat blý moeite doen om kontak met hulle vriende te hou, hetsy deur gereelde briewe, e-posse, oproepe of afsprake. Hulle weet dat ‘n goeie vriend se liefde iets is waarop ‘n mens altyd kan reken (Spreuke 17:17) – dat goeie vriendskappe daarom steeds die heel beste verweer teen die kwale, depressie en eensaamheid van die ouderdom bly. Ook iets wat jou altyd laat uitsien na die dag van môre.

En sulke vriendskappe verg regtig nie baie moeite nie.

Here, dankie vandag weer vir vriende op wie se liefde ‘n ek altyd kan reken. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed