Boodskap vir Vandag

Search

Doen jy net jou werk!

Maar laat die reg en die geregtigheid na vore kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos ʼn standhoudende stroom (Amos 5:24).

Suna is ʼn klein, skraal vrou, maar sy het die spreekwoordelike hart van ʼn leeu.

Sy sê self daar is altyd kwessies waarmee sy haar bemoei. As dit nie die beskerming van diere of plante is nie, is dit misdaad of korrupsie.

Onlangs word sy, nadat sy per ongeluk die spoedgrens oorskry het, deur ʼn verkeersbeampte van die pad af getrek. Die boete is hoog en die beampte sien daarin ʼn kans om ietsie vir homself te maak. Aanvanklik verstaan Suna nie wat hy bedoel nie toe hy nonchalant voorstel: “Laat ons praat, miskien kan ek jou help.”

Die beampte het dié vroutjie egter onderskat, want toe sy eers die bedoeling agter sy woorde snap, het haar drif geen perke geken nie. Verontwaardig het sy hom aangevat: “Skaam jy jou nie, Meneer, dat jy my probeer afpers nie? Ek het oortree en ek sal betaal. Doen jy net jou werk. Skryf die boete. Dit is waarvoor jy aangestel is en waarvoor jy betaal word.”

Volgens Suna het die verkeersbeampte haar ʼn oomblik sprakeloos aangekyk, en toe in sy motor geklim en weggery.

Nie al hierdie soort insidente eindig só nie. Daar is mense wat dié soort kanse aangryp en hulle laat omkoop. Party verkeersbeamptes laat hulle ook nie sommer van stryk bring nie. Hulle misbruik hulle mag en raak dreigend. Albei optredes is skandalig en hoort nie by beskaafde mense nie. Wat nog te sê by hulle wat bely dat hulle Christus volg!

Ons het meer mense soos Suna in ons samelewing nodig.

Here, U roep ons om vandag mense te wees wat geregtigheid soek en u reg soos watergolwe laat aanrol. Help ons om hierin moedig en dapper te bly. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed