Boodskap vir Vandag

Search

Doen wat jý kan

Begin met die werk, want Ek is by julle, sê die Here die Almagtige (Haggai 2:4).

Daar was verskillende redes waarom die volk ná hulle terugkeer uit die ballingskap traag was om God se tempel te herbou.

Die ontnugtering met die land en sy sukkelende ekonomie het hulle allereers lam gelê. Ons ken dit tog: Hoe teleurstelling mense se motivering en dryfkrag kan laat taan. Sodat hulle later net voortploeter, meesal in eie belang en vir eie gerief.

‘n Dieper rede vir hulle traagheid was egter dat hierdie bouprojek vir hulle na onnodige sleurwerk gelyk het. Veral in vergelyking met Salomo se kleurryke tempel van vroeër toe die nodige middele, rykdom en vakkundiges, vrylik beskikbaar was, het dié nuwe taak maar baie nietig voorgekom (Hag 2:3). Tereg was die vraag: “Is hierdie afskeeptempel die moeite werd?”

In dié omstandighede roep Haggai hulle op om eenvoudig te begin. Ook om moed te skep en te weet dat God by hulle sal wees (Hag 2:4-5). Ja, dat God áltyd by klein mensies is in klein takies wat gehoorsaam uitgevoer word. Want uiteindelik is dit God self wat in en deur ons werk – en wat só ‘n koninkryk van onselfsugtige liefde en geregtigheid oor die hele aarde wil vestig.

Al wat van ons gevra word, is om met oorgawe te doen wat óns kan, maak nie saak hóé nietig dit voel nie. Soos een kerkvader dit uitgedruk het: “For us, there is only the trying. The rest is not our business.”

O Here, ons weet wat ons behoort te doen om van ons land ‘n beter plek te maak. Help my vandag om te begin en ook te weet: U is altyd by my. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed