Boodskap vir Vandag

Search

Draai na wat belangrik is

Probeer liewer wysheid bekom as goud, liewer insig as silwer (Spreuke 16:16).

Oor wyse keuses wat ons lewe mensliker en gelukkiger kan maak, het die Katolieke skrywer, Henri Nouwen, belangrike raad gegee.

In sy boek “Journey to Daybreak”, skryf hy op ‘n plek: “Put aside what is urgent and tend to what is important.”

Nouwen het dit in sy skrywe gewis oor die moderne mens se lewe. Dit is ‘n lewe waarin geld die groot dryfveer en bestemming geword het. En die horlosie die daaglikse wysvinger wat die pas, ritme, en selfs aard, van lewe bepaal.

Hierdie vinger bewaak die ingang en uitgang van ons dag. Dit wek ons uit ons slaap, jaag ons uit die bed, laat ons aansit vir ontbyt, dwing ons die verkeer in en plaas ons op pad werk toe.

Later, as die son gesak het, herinner dit ons aan ‘n tyd van terugkeer.

En so gaan ons tyd op in die oënskynlike dringende: Om van vroeg tot laat e-posse te beantwoord, nóg ‘n afspraak in te pas, nóg ‘n verslag te skryf, nóg ‘n reis te onderneem, ja, selfs die verpligte gimnasiumsessie oor middagete na te kom.

Sodat ons môre nóg sterker en fikser kan wees vir die eise van ‘n nuwe dag.

Tereg merk een van ons voorste skrywers op: “Ons is vandag letterlik vasgevang en ingehok (ge-‘inbox’) in die vensters van ons rekenaar.”

En só raak ons prioriteite deurmekaar en bly ‘n klomp belangrike dinge in die slag. Dinge soos ons gesin, vriendskappe, ons eie kreatiwiteit en stokperdjies, die natuur, musiek, stiltetye, studie, lees, geloof, God.

Dit is omdat ons lewe só lyk dat Nouwen ons daaraan herinner: “Skuif ‘n slag dit wat so dringend lyk opsy en draai na die werklik belangrike dinge in jou lewe.”

Jy weet baie goed wat hulle is.

Here, gee ons vandag daardie wysheid wat kan onderskei tussen wat dringend lyk, maar nie so noodsaaklik is nie, en dit wat régtig belangrik is. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed