Boodskap vir Vandag

Search

Driedubbele tou

Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie – Prediker 4:9-12.

Bedagsame, onselfsugtige kinders van God is vanself op die uitkyk vir mekaar se behoeftes en sien om na mekaar se belange. Dit verg dat elkeen vir hom- of haarself goed sal wees. Wanneer jy jouself liefhet en aanvaar, kan jy onvoorwaardelik bedagsaam wees sonder om voor te gee, of selfs na te dink. Dit kom vanself.

Huweliksmaats is vennote. Hul vennootskap is nie 50/ nie. Elkeen gee 100%. Soms gaan een van die vennote egter deur ’n moeilike tyd. Dan moet die ander party ’n groter bydrae lewer.

Dit gaan nie oor hoeveel jy in watter stadium bydra nie. Dit gaan oor “saam”. Albei wil die beste vir mekaar hê tot wedersydse voordeel. Wanneer een huweliksmaat die ander ondersteun en die ander party dit onvoorwaardelik aanvaar, groei hulle saam én nader aan mekaar.

Lewensmaats wat op mekaar ingestel is, begin saam asemhaal. Die een se behoeftes wórd die ander s’n. Die beste vir die ander een word ook die beste vir jouself.

“My vrou is my eerste gedagte,” sê ’n bejaarde man. Hy verstaan God se opdrag vir die huwelik.

Here, help my om deurentyd op die uitkyk vir my maat se behoeftes te wees. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed