Boodskap vir Vandag

Search

Drumpel

Dit sal goed gaan met die mens wat na my luister, die mens wat elke dag na my huis toe kom en op die drumpel staan en wag – Spreuke 8:34.

In Afrikaans is daar verskeie uitdrukkings waarin die woord “drumpel” voorkom: Op die drumpel van ’n groot avontuur. Op die drumpel van sukses. Op die drumpel van die lewe.

Ons voel die afwagting van iets groots wat gaan gebeur. Daar wag ’n nuwe avontuur of fase. Wanneer jy oor die drumpel getree het, laat jy sekere dinge agter. ’n Bruidegom dra sy bruid simbolies oor die drumpel van hul eerste blyplek. Dit is die begin van ’n nuwe lewe saam. In Spreuke 8 teken Salomo ’n prentjie van iemand wat toegewyd by die drumpel van ’n huis staan en wag om toegelaat te word. Hy wag met vreugde, met blye afwagting. Hy is geduldig, want hy weet dat dít waarop hy wag, vir hom ’n nuwe toekoms gaan oopmaak.

In die 1933/1953-vertaling klink Spreuke 8:34-35 só: “Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou. Want hy wat my [die wysheid] vind, het die lewe gevind en verkry ’n welbehae van die Here.”

In Psalm 84:11 weerklink dieselfde blye afwagting: “Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as om te woon in huise sonder God.”

Here, ek wil op die drumpel van u woning vertoef, want ek weet dat ek nét by U ware wysheid kan vind. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed