Boodskap vir Vandag

Search

Drup-drup-drup

Die gekyf van ’n vrou is soos die gedrup uit ’n dak wat lek. Van sy ouers kan iemand ’n huis en besittings erf, maar ’n verstandige vrou is ’n geskenk van die Here – Spreuke 19:13b-14.

Vroue is geneig om oor klein goedjies te broei. Hoe langer hulle tob, hoe groter word die ongelukkigheid. Die effense krapperigheid word onvergenoegdheid en dít loop weer oor in foutvinderigheid. Niks word ontsien nie.

Om klaerig en foutvinderig te wees is ’n lewensingesteldheid. Al word elke irritasie uit die weg geruim en elke grief uitgestryk, sal daar elke keer iets nuuts opduik om oor te kla. Daarom moet die bron van die onvergenoegdheid gevind word.

Dikwels is die kern selfgesentreerdheid. Wanneer iemand slegs haar eie behoeftes raaksien, kyk sy binnetoe. Niemand anders is vir haar so belangrik soos syself nie. In plaas daarvan om die klein dingetjies raak te sien waarvoor sy dankbaar behoort te wees, merk sy elke kleinigheid op wat nie volgens haar smaak of vereistes is nie.

So iemand maak dit moeilik vir haar huisgenote. Kinders kan nie spontaan vrolik wees, uitgelate op ’n bank neerplons of speel sonder om aangepraat te word nie. Haar man word gekapittel oor alles in en om die huis wat stukkend is, ’n verflaag moet kry of reggepak moet word.

Die verandering kan nie van buite kom nie. Dit moet ’n hartsverandering wees. Sy moet weer nuut begin dink. Haar vertrekpunt moet dankbaarheid wees. Daaruit groei erkentlikheid teenoor haar huismense, en haar huis word weer ’n tuiste waar lag en liefde woon.

Here, help my om met vreugde te lewe en van my huis ’n gelukkige tuiste te maak. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed