Boodskap vir Vandag

Search

Eensaam op ʼn huis se dak

As ek wakker word, voel ek soos ʼn eensame voël op ʼn huis se dak (Psalm 102:8).

Iemand noem die afgelope week dat daar verskeie dinge is waarmee mense wat ouer word, sukkel.

Een van die belangrikste hiervan is eensaamheid.

Eensaamheid is ʼn ervaring wat ons almal ken. Tog, by ouer mense is dié ervaring om verskeie redes dikwels meer akuut.

Talle ouer mense kla hulle het hulle beste vriende langs die pad verloor, hetsy deur die dood, omdat hulle moes verhuis, of omdat die broosheid van die ouderdom met al die gepaargaande kwale hulle van ander mense afgesny het.

Inderdaad moet ons begrip en empatie hiervoor hê. As gelowiges moet ons egter ook voortdurend leer dat ons nooit werklik alleen of eensaam is nie, maak nie saak hoe groot ons verlies is of hoe klein die horison van ons lewe geword het nie.

Tereg herinner die psalmdigter ons daaraan dat ons aan God behoort (Ps 16:2), dat God oor ons die wag hou (Ps 12:8). Selfs al is ons afgetakel na liggaam en gees – ja, selfs al voel ons hoe eensaam en verlate – bly ons in God se hande (Ps 73:26; 23:4).

Dit was hierdie wete wat die psalmdigter, in die woorde van ʼn ouer vertaling, laat uitroep het: “Wie het ek buiten U in die hemel. Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie” (Ps 73:25).

Here, dit is so: Ons voel dikwels eensaam en verlate. Maar dankie dat ons vandag opnuut kan weet: Ons behoort aan U. In u hande is ons veilig. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed