Boodskap vir Vandag

Search

Eerste respons

Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie – Spreuke 22:6.

Volgens die Amerikaanse kindersielkundige en professor in sielkunde aan die Harvard-universiteit, Jerome Kagan, word kinders met een van drie basiese temperamente gebore wat bepaal hoe hulle instinktief in probleemsituasies optree. Sommige reageer deur angstig te raak, ander weer met aggressie en sommige met optimisme en ’n laat-maar-loophouding.

’n Angstige kind is dikwels die barometer in ’n gesin. Wanneer hy oor ’n kleinigheid ontsteld raak of sekere situasies oordryf, is daar gewoonlik ’n tikkie waarheid in wat hy sê of ervaar. Tog moet ’n ouer so ’n kind leer om te onderskei tussen dít wat werklik saak maak en dinge wat onbelangrik is.

’n Kind wat instinktief met aggressie reageer se heftige reaksie op onreg of ’n slegte ervaring kan dalk soms die oplossing wees, maar hy moet leer dat dit dikwels beter is om eers te wag en alle kante van ’n saak te bekyk voordat hy iemand trompop loop.

’n Kind wat voorgee dat ’n slegte ervaring haar nie raak nie en haar eie pyn en hartseer onderdruk, het waarskynlik nie die negatiewe belewenis afgeskud nie. Sy moet leer dat ontkenning ook pyn veroorsaak.

Wanneer ouers kinders laat begaan, sal die kinders se natuurlike temperament in elke probleemsituasie na vore kom. Om wys te word moet angstige kinders leer om dapperder te wees. Die voortvarende kind moet leer om te dink voordat hy praat of optree, en die sonskynkind moet leer om slegte situasies in die oë te kyk en daardeur te werk.

Here, skenk my wysheid om my kinders te begelei. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed