Boodskap vir Vandag

Search

Eietydse gode en bindinge

Jy mag naas my geen ander gode hê nie (Exodus 20:3).

Nóg iemand wat diep nagedink het oor die invloed van negatiewe magte in ons lewe, is die Britse Anglikaanse priester, Mark Oakley.

Hy praat in dié verband van hedendaagse gode wat ons lewe bedreig. Hierdie gode, so betoog hy, bind ons om blindweg sekere keuses te maak – keuses wat nie altyd gesond vir ons is nie en ons geleidelik wegtrek van ons ware bestemming as mense.

Enkele van hierdie bindinge waarmee die eietydse gode ons verstrik en so van ons vryheid beroof, is:

  • Die binding daaraan om heeltyd erken te wil word en gevlei te wil wees – sodat ons hele lewe ‘n poging is om mooier, jonger en gesonder te lyk.
  • Die binding daaraan om altyd méér en beter te wil hê – sodat ons hele lewe ‘n soektog word na méér geld, groter huise, blinker motors, beter toestelle en patente en besiger kalenders.
  • Die binding van spoed – sodat ons lewe voortdurend ingestel is op vinnige antwoorde, kos, sukses en vinnige liefde. Want ons het nie tyd om te wag nie …
  • Die binding van hardheid en ongevoeligheid – sodat woorde soos deernis, goedheid en vergifnis nie langer deel van ons woordeskat is nie.

Die evangelie vra dat ons die God van Christus bo alles sal aanbid (Ex 20:3). Ons aan hiérdie God met oorgawe sal bind.

En so in Christus ons vryheid sal vind.

O Here, maak ons vandag weer vry van daardie bindinge wat ons daagliks van U vervreem. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed