Boodskap vir Vandag

Search

Ek belowe

Soos ’n voël wat sy nes net so los, so is ’n man wat sy gesin in die steek laat – Spreuke 27:8.

In ons verbruikerskultuur gebruik ons iets tot ons eie voordeel. Sodra dit nie meer vir ons van nut is nie, raak ons daarvan ontslae of pak dit weg. In ons laaie lê ou brille, ongebruikte selfone, selfs oortollige Bybels. Klere word net een seisoen gedra.

Zygmunt Bauman, ’n bekende sosioloog, bestempel ’n verbruikerskultuur as ’n “nuuskierige” kultuur. Alles wat jy koop of beleef, moet onmiddellike voldoening gee. Jy meet jouself aan ’n bepaalde drukgroep en móét bybly. Daar is altyd nog iets nuuts om te verken, nog ’n begeerte wat bevredig moet word.

In ons selfgerigte samelewing staan die eie ek sentraal in ’n mens se besluite, ook wat betref lewenskeuses. Jy is vir niemand anders as nét jouself verantwoordelik nie. Ons hoor gereeld: “Jy is dit aan jouself verskuldig. Jy verdien dit.”

Bauman waarsku dat hierdie ontevredenheid met goedere, sodra hulle die glans van nuwigheid verloor, tot ontevredenheid met onsself lei. En dan soek ons na die volgende nuwigheid om ons weer voldoening te gee. Dié ingesteldheid is lynreg teen die opdragte uit die Bybel: “Bly getrou.” “Moenie moeg word en uitsak nie.” “Volhard tot die einde.”

Die verbruikerskultuur spoel oor na ons verhoudings. Mense doen nie moeite om vriendskappe lewend te hou nie. Hulle raak verveeld met huweliksmaats en begin uitkyk na ander opsies. Hulle vergeet: Die huwelik is heilig. Dit is ’n gelofte voor God se aangesig. Dit is nie ’n stel skoene wat jy uitskop nie.

Here, leer my om my geluk in U te vind. Maak my getrou aan my geloftes. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed