Boodskap vir Vandag

Search

Ek bid, want ek is hulpeloos

Luister tog na my, Here, verhoor my gebed, want ek is hulpeloos en arm (Psalm 86:1).

Een van die baie mooi voorbeelde van die eiesoortige krag van egte gebed, kry ons uit die lewe van die bekende Engelse teoloog en skrywer, CS Lewis.

Terwyl Lewis tydens sy vrou, Joy, se ernstige siekte vir haar bly bid het, moes hy wel die spot van sommiges wat nie geglo het in die waarde van gebed nie, verduur.

Hierop het ‘n goeie kollega Harry hom getroos met dié woorde: “Die mense kan jou maar spot, maar ek weet hoe hard jy gebid het. En nou is God besig om jou gebede te beantwoord.”

Waarop Lewis veelseggend geantwoord het: “Dit is nie hoekom ek bid nie, Harry. Ek bid, want ek kan myself nie help nie. Ek bid omdat ek hulpeloos is. Ek bid, want hierdie behoefte vloei die hele tyd uit my, of ek slaap en of ek wakker is. Gebed verander nie vir God nie, dit verander my!”

Wat nogeens sê: Gebed het ‘n bepaalde krag en uitwerking.

Dit maak siekes gesond – vanaf individue, gemeentes tot by gemeenskappe.

Here, leer ons vandag weer bid. Leer ons veral dat die gebed van die hulpelose groot krag kan hê. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed