Boodskap vir Vandag

Search

Ek is ook hier

Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie – Kolossense 3:19.

Soms kom ’n vrou se voortdurende gekla en gekerm uit ’n gevoel van algehele onmag. Sy ervaar dat niemand haar werklik hoor of raaksien nie. Sy bedien haar gesin met liefde en kos en aandag. Sy probeer in elkeen se behoeftes voorsien, maar kry nie erkenning vir haar opofferings nie. Sy voel dat sy vanselfsprekend geword het, net soos ’n warm bed, ’n bord kos en ’n voordeur wat saans dig agter almal sluit. Haar grootste wens is waarskynlik nie om geprys te word, of om agteroor te kan sit terwyl haar gesinslede die huistake verrig nie. Sy begeer net om te hoor: “Dankie, ons sien wat jy vir ons doen.”

’n Ma met ’n spannetjie seuns vertel sy het een goeie dag besluit dat sy dit nie langer sou verduur om geïgnoreer te word nie. Sy het by hul dorp se brandweer ’n helm, oorpak en stewels gaan leen. Laatmiddag het sy haar man en seuns met die tuinslang ingewag, die kraan wyd oopgedraai en hulle ordentlik natgespuit. Hulle was stomgeslaan. Sy het hul onverdeelde aandag gehad. Hulle het haar gesien en gehoor. Nou kon sy haar eie behoeftes duidelik vir haar gesin uitspel.

Wanneer jy in die huwelik jou maat se menswees erken, kyk jy met waardering na dít wat jou maat doen. Jy aanvaar die dinge wat hy of sy bydra nie sommer net as vanselfsprekend nie. Jou lewensmaat voel dit aan en voel raakgesien en raakgehoor. Én gelief.

Here, help my om met ’n hart vol waardering te leef. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed