Boodskap vir Vandag

Search

Ek kom self reg, dankie!

“Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker’” – Lukas 12:19.

Dikwels, wanneer dit met iemand voorspoedig gaan en hy ’n rustige lewe sonder teenspoed of krisisse lei, dink hy dat hy God glad nie meer nodig het nie. Alles is onder beheer. Hy het genoeg om van te lewe.

Ons reken verkeerdelik dat dit slegs oor rykdom gaan. Enigiemand wat op hom- of haarself staatmaak, is soos die ryk dwaas.

Ek kan maklik – ná jare lange harde werk, vroeg opstaan en ure op besige snelweë op pad werk toe – vir myself sê: Ek verdien nou hierdie rus. Ek is gelukkig tuis. Daar is nie eintlik versoekings nie. Ek het reeds alles geleer wat ek in die lewe moes leer. Ek het my groot lewenslesse onder die knie. Eintlik hoef ek nie meer kerk toe te gaan of stiltetyd te hou nie. Ek pla niemand nie en het niks van ander nodig nie. Ek is gelukkig op my eie.

Ons leef in ’n gekkeparadys wanneer ons selfvoldaan en selfgenoegsaam is en reken ons kan self regkom. Dikwels, wanneer ons dán onverwags ’n krisis beleef, oorval ’n diep angs ons. Ons het nie meer beheer oor ons omstandighede nie. En ons is alleen. Ons is selfs stom voor God, want ons weet nie meer hoe om met Hom te praat nie.

So ’n oomblik van absolute verbystering en verlatenheid kan die begin van ’n nuwe genadepad met die Here wees. Indien ons Hom sal toelaat.

Here, ek is volkome afhanklik van U. Gee my nog ’n kans. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed